Theatre workshop: Multiple universes in Afrikaans one-on-one theatre

Werkswinkel: Ewewêrelede in Afrikaanse een-tot-eenteater

Die werkswinkel oor die ewewêrelde in Afrikaanse een-tot-eenteater, gelei deur SADiLaR se Afrikaansnavorser Benito Trollip, het die afgelope naweek praktiese sessies ingesluit van hoe hierdie wêrelde geskep word. Die werkswinkel vorm deel van die maandlange viering van Afrikaans, as deel van SADiLaR se 2019-taalvieringe. Die tema van ewewêrelde word deurgaans hierdie maand beklemtoon. DEURnis, ‘n een-tot-eenteatergroep, het hierdie idee van ewewêrelde deur middel van hul ongewone teaterstukke (twee stukke, KOUD en NET, is gedurende die werkswinkel opgevoer) vir werkswinkelgangers ten toon kom stel. ʼn Deelnemer/Gehoorlid is uit die groep gekies terwyl die res gekyk het hoe die toneel tussen die akteur en die gehoorlid afspeel. In ʼn gewone DEURnisstuk is ʼn gehoorlid en die akteur in een vertrek vir ongeveer twintig minute. Sodra ʼn gehoorlid deel is van so ʼn toneel word hy nie toegelaat om terug te praat nie, hy/sy mag slegs ja-neevrae beantwoord, sou die akteur sulke vrae vra. Die gehoorlid besef gou dat hy/sy ʼn karakter in hierdie teaterstuk is, aangesien die akteur met hom/haar praat as ʼn karakter. Vir die deelnemer skep dit ʼn wêreld waarin hy moet uitpluis wie hy in die verhaal is, sonder dat hy ʼn woord kan sê! Ongeveer twintig minute nadat die deelnemer die vertrek moet verlaat, net om in ʼn volgende vertrek met ‘n ander akteur in te stap, moet hy probeer sin maak van hierdie situasie waarin hy sopas was. Hierdie teaterstukke is in wese roerend, boeiend, en sielkundig uitdagend weens die afgebakende wêrelde en verskeidenheid karakters (waarvan die gehoorlid ook altyd een is).

Na DEURnis se uitbeelding van die wyse waarop ʼn ewewêreld geskep kan word, het die werkswinkel se fokus verskuif na tegnieser aspekte rondom die skep van hierdie wêrelde. Een van die vervaardigers van die produksiemaatskappy wat DEURnis vervaardig (TheatreRocket), Johan van der Merwe, het verduidelik waar die konsep vandaan kom, hoe dit gegroei het en wat vir hulle voorlê. Die akteur van albei stukke, Ben Pienaar, het daarna gepraat oor hoe om ʼn eerlike vertolking te gee en hoe party gehoorlede so begeester is na die tyd dat hulle hulle rolle begin glo. Gehoorlede raak soms so meegevoer dat hulle begin lag of huil. Henque Heymans, een van DEURnis se skrywers, het hierop uitgebrei en verduidelik dat hy dit as ʼn eienskap van sy tekste inbou. Die eerste deel van die stuk fokus op die skep van ʼn verhouding tussen die akteur en gehoorlid, die tweede deel beklemtoon die verhouding en maak dit vir die gehoorlid geloofwaardiger, en die finale deel lei na ʼn slot (hetsy logies of nie) wat uiteindelik die ewewêreld op ʼn manier vir die gehoorlid sluit soos die toneel eindig. Henque het ook genoem hoe elke element van die ruimte waarin ʼn stuk afspeel, bydra tot die onderdompeling van die gehoorlid in die storie.

Die werkswinkel was kreatief, prakties en uiters vermaaklik. Afrikaanse teater het ʼn skitterende toekoms as hierdie die rigting is waarin dit beweeg.

Gert Coetzer se persoonlike ervaring:

Ek is gebruik in een van die tonele (NET) om aan die werkswinkelgangers te demonstreer hoe ʼn DEURnisteks ʼn ewewêreld skep. Ek het buite die lokaal gestaan en aan die deur geklop, toe skree die akteur ek moet net ʼn oomblik wag en dan inkom. Toe ek in die vertrek inkom, het ek gaan sit met die akteur voor my en die ander werkswinkelgangers links van my. Die akteur het met my begin praat asof hy my ken en hy het óns storie vertel. Die verhaal gaan oor ek wat dood is as gevolg van ʼn akrobaattoertjie wat verkeerd geloop het – die akteur se karakter moes my vang en hy het nie. Heeltemal gefolter deur jare se skuldgevoel, beplan hy om self na sy dood te spring terwyl ʼn tent vol mense kyk wanneer hy weer dieselfde toertjie alleen gaan doen. Soos die akteur die toneel verlaat (waarmee dit ook die einde van die stuk aankondig) en vir alle praktiese redes op pad is om homself dood te maak, kon ek niks doen om hom te keer nie.

Dit was ʼn vreemde ervaring om nie met hom te kon praat nie, en om verantwoordelik te voel vir sy (gesuggereerde) selfmoord. Ek was stomgeslaan deur die fenomenale toneelspel en my eie reaksie tot die onmiddellikheid van die hele ervaring. Omdat ek daaraan gewoond is om teaterstukke as deel van ʼn gehoor te kyk, het hierdie stuk van DEURnis my heeltemal onverhoeds betrap. Dit het my vermoë om agter die gehoor weg te kruip heeltemal uitgewis en ek is gedwing om die stuk as die enigste gehoorlid te ervaar. Die akteur is heeltyd by jou, hy kyk jou in die oë en hy speel toneel net vir jou. Al was ek daarvan bewus dat hierdie ʼn demonstrasie was, moes ek myself steeds gereeld daaraan herinner. Ek sien uit om DEURnis op my eie te beleef, heeltemal onderdompel te word in die stuk se wêreld en oop te wees vir die moontlikhede wat hierdie ervaring my gaan bied. DEURnis skep besonders simpatieke wêrelde wat met respek en op ʼn roerende manier oorgedra word.


Workshop: Multiple universes in Afrikaans one-on-one theatre

The workshop on multiple universes in Afrikaans one-on-one theatre, (Die ewewêrelde in Afrikaanse een-tot-eenteater) led by SADiLaR’s Afrikaans researcher Benito Trollip, offered many practical examples of how multiple worlds can be created. The workshop forms part of the month long celebration of Afrikaans as part of SADiLaR’s 2019 language celebrations. The theme of multiple universes is emphasised throughout the month. DEURnis, a one-on-one theatre group showcased this idea of multiple universes through unconventional theatre pieces (two pieces were performed for workshop goers during the day – KOUD ‘Cold’ and NET ‘Net’). A participant from the crowd were chosen and the rest looked on as it played out. In a normal DEURnis piece, a participant and actor are in one room for around twenty minutes. Within this time the actor puts on a theatre piece and the participant is forbidden to speak except when answering yes/no questions the actor may ask. The participant soon realises that s/he is a character within this theatre piece, since the actor speaks to him/her as a character. For the participant, it creates the effect of being in medias res within a world and character role s/he needs to figure out without speaking. After twenty minutes the participant leaves the room, only to plunge into the next room with an entirely different actor, world and character role to interpret. In effect, the theatre pieces are moving, engaging and psychologically thrilling because of the enclosed worlds and ever-changing characters.

After DEURnis showcased how theatre can create multiple worlds, the workshop’s focus shifted to the technical aspects of world building. One of the producers of the production company behind DEURnis (TheatreRocket), Johan van der Merwe, explained where the concept came from, how it grew and where the future is taking them. The actor, Ben Pienaar, talked about giving an honest performance and how several participants are so emotionally moved that they start believing the fictional world and their character role. Participants are so moved that they start acting as if they are their character which manifests through cathartic moments like crying and laughing. Henque Heymans, a writer for DEURnis, expanded on this notion and explained it as a feature of his scripts. The first phase of the theatre piece focusses on creating a bond between the actor and participant, the second phase emphasises this bond to solidify it and make it more believable for the participant with the third climactic phase leading to an end (logical or not) for the piece and closes the fictional world as the participant leaves the room. Henque explains that every detail in the room is there to immerse the participant into the fictional world.

The workshop was creative, practical and highly entertaining. Afrikaans theatre has a bright future if this is the direction it is taking.

Gert Coetzer’s personal account, as he was part of one of the pieces:

As an example, I was used to demonstrate to the workshop attendees how DEURnis creates alternate worlds. This is my experience of the demonstration: I went outside and knocked on the door. The actor called me in and I sat down with him in front of me and the workshop attendees to my left. The actor started to speak to me as if he knew me and told our story. It’s about losing me (a character in the theatre piece) in a trapeze accident and he feels responsible for it since I slipped through his hands and fell to my death. Racked with guilt he was planning to kill himself while doing his acrobatic show in front of an audience. As the actor walks out, ending the theatre piece, seemingly on his way to kill himself one is left there unable to stop him.

It was a strange experience being unable to talk to him and feeling responsible for his suicide. I was taken aback by the phenomenal acting and my own responses to the immediacy of the whole experience. Because I’m used to theatre sitting in a crowd, this theatre piece by DEURnis caught me off-guard. It evaporated my ability to hide behind other people and forced me into the position of the only subject experiencing the theatre piece. The actor is in your field of vision, looking at you and acting just for you. Even though I was aware that this is a demonstration, I had to remind myself of the fact a few times. I look forward to experiencing this on my own one day, completely immersed in the world and open to new experiences. DEURnis creates extremely compassionate worlds, told beautifully and with respect. This is something with great potential, not only in Afrikaans but other languages as well.